Vir kinders van 5 tot 10
Leer lees, tel en ontdek, speel-speel.
Afrikaanse leerspeletjies vir lees, wiskunde en wetenskap, wat kinders self kan speel. Ouers sien die vordering. Een intekening vir die hele gesin.
lam
kat
dak
tas
KlankKidz · Fonieke
Elke woordfamilie is ’n eiland.
Kinders reis van eiland tot eiland: -am, -at, -ak, -as… Op elkeen speel hulle kort speletjies tot hulle die woorde self kan lees.
- 14 woordfamilies
- 9 speletjies per woord
- Klankdokter & Klankleer
Hoe hulle leer lees
Klank vir klank, tot dit ’n woord is.
l… a… m… lam! Kinders hoor elke klank, voeg dit saam en lees die woord self. Alles in Afrikaans, met die klanke soos ’n juffrou dit in die klas sê.
TelKidz · Wiskunde
’n Wêreld vol dinge om te tel.
Vyf wêrelde en 23 vlakke: tel tot twintig, plus en minus, vorms, rand en sente, en breuke. Geen horlosie nie — net sterre vir wat die eerste keer reg is. In Afrikaans of Engels.
- 1
- 2
- 3
- 4
- 5
- 6
- 7
- 8
- 9
- 10
Slim Wetenskap · Natuurwetenskappe
Laat ’n vulkaan uitbars. Stuur planete om die son.
Meng koeksoda en asyn, bou ’n stroombaan wat ’n gloeilamp laat brand, breek wit lig in ’n reënboog, en skryf in jou eie lab-joernaal neer wat jy gesien het.
- 5 eksperimente
- Geanimeerde lesse
- Lab-joernaal
Die trofeekamer
Sterre wat iets beteken.
Elke speletjie verdien sterre. Daarmee koop kinders hul eie woorde as prente vir hul kamer, versamel woordkaarte en wen trofeë. Ons tel weke, nie reekse wat ’n kind kan verloor nie.
Vir ouers
Wat jy moet weet voor jy begin.
Begin gratis
Die eerste 3 woordfamilies is gratis, vir altyd. Geen kaart nodig nie.
Een rekening vir die hele gesin
Elke kind kry ’n eie profiel, avatar en sterre. Jy betaal nie per kind nie.
Werk sonder internet
Installeer dit op die tuisskerm en speel in die motor, by ouma of op die plaas.
Geen advertensies
Niks om op te tik wat ’n kind uit die program lei nie, en ons verkoop nooit data nie.
Sien waar hulle vashaak
Die ouerpaneel wys watter woorde nog oefening nodig het, en die daaglikse avontuur bring dit terug.
7 dae geld terug
Nie tevrede nie? Volle terugbetaling binne 7 dae, en kanselleer enige tyd.
Julle intekening is aktief
Alles is oop vir die hele gesin. Kies ’n program en speel.
Wat dit kos
Een intekening maak al die programme oop, vir die hele gesin — nie per kind nie. Begin gratis, sonder ’n kaart.
-
Gratis
R0
Die eerste 3 woordfamilies in KlankKidz, tel tot 20 in TelKidz, twee eksperimente en twee lesse in Slim Wetenskap, en die trofeekamer.
-
Al die programme
R39/maand
KlankKidz, TelKidz en Slim Wetenskap, en elke nuwe program wat ons byvoeg. Of R349 vir ’n jaar.
Gratis vir ouers en onderwysers
Al 14 Afrikaanse woordfamilies wat ons in Graad R en Graad 1 gebruik — met klanke, betekenisse en voorbeeldsinne. Gratis om te gebruik of uit te druk, ook sonder die programme.