Slimkoppies

← Alle programme

Sit dit op jou tuisskerm

Ons programme werk in die blaaier, so daar is niks om af te laai nie. Sit dit een keer op jou tuisskerm, dan maak dit oop soos enige ander program — met sy eie ikoon, vol skerm, en dit werk ook sonder internet.

Op Android (Chrome)

  1. Maak die program in Chrome oop.
  2. Tik die drie kolletjies regs bo.
  3. Kies “Voeg by tuisskerm” of “Installeer program”.
  4. Tik Voeg by. Die ikoon staan nou by jou ander programme.

Op iPhone of iPad (Safari)

  1. Maak die program in Safari oop. Dit werk nie vanuit Chrome op ’n iPhone nie — Apple laat net Safari toe.
  2. Tik die deel-knoppie onderaan die skerm.
  3. Rol af en kies “Voeg by tuisskerm”.
  4. Tik Voeg by regs bo.

Op ’n rekenaar

Niks nodig nie — gebruik dit sommer in die blaaier. In Chrome kan jy ook op die installeer-ikoon in die adresbalk klik as jy dit as ’n venster op sy eie wil hê.

Vrae wat ouers vra

Moet ek elke kind se profiel weer maak? Nee. Die profiele bly op daardie toestel, of jy dit vanaf die tuisskerm of vanuit die blaaier oopmaak — dis dieselfde program.

Werk dit sonder internet? Ja, sodra dit een keer gelaai het. Handig in die kar of by ouma.

Vat dit plek op my foon? Baie min — daar is niks om af te laai nie, net ’n skakel met ’n ikoon.

Kies ’n program om te begin